Bain’s Kloof

.

Today we are running something special. However, the following article is not in English. It’s in Afrikaans and there’s no English translation, so apologies for those who just got all excited, but don’t speak Afrikaans. You now have to go back to reading something less interesting, like this article………..

The article below is about three 55+ year old South African guys who took their bikes, escaped their wives and the normal every day grind and rode really far away into the mountains. The pictures in the article are of one of their bikes, a fully kitted out Token bike. (If you can’t read Afrikaans, at least you can check out the cool pictures, right.)

Anyway, for those that can follow, enjoy, and for those that can’t, there’s always Google Translate, which spits out an interesting translation as always…….

We are also open to any submissions for similar stories or photos of your rides. Enjoy.

Bain's Kloof

Berpasse te fiets

Wanneer dit kom by die beplanning en logistiek van enige opkomende event dan hou ek my stilweg skaars. Eintlik geniet ek dit om hierdie dinge aan my baie ywerige en hoogs bekwame kollegas oor te laat …….of so het ek geglo. Gevolglik het ek maar net ge”mm” en ge”aa” wanneer die roetes en ook oefenprogramme uitgespel was. Dis duidelik dat, wanneer dit gaan oor uitspan, of ontspanning, ek baie daarvan hou om ander te volg sonder om te veel  daaroor na te dink of te wonder.

Vertroue is ‘n wonderlike ding wat jy baie maklik inspan net wanneer dit jou pas en dis presies wat ek gedoen het want tyd tot nadenke was daar nie. Dat ek wel deeglik bewus was van die tuffheid van dit wat voorlê?! Nouja, ek moet erken, daar was so ‘n klein “ek weet darem nie so mooi nie” gevoel wat my amper voor die rekenaar laat inskuif het om ‘n siekbrief te skryf. Gelukkig het dinge nie so uitgewerk nie en kon  ek  duidelik van die ander aflei dat dieselfde effense bekommerde gevoel teenwoordig was. Nie so dat jy dit sou kon agterkom nie maar tog skreeuend duidelik ………. Een ontwikkel jou wrintiewaar hoë bloedruk en die ander een was glo die hele week pap van die verkoue en kon glo nie naby ‘n fiets kom nie. Aan my kant was die ou harstallige printer wat nie wou print nie die rede hoekom daardie briefie nie in ‘n koevert aan die feeskomitee oorhandig was nie.

sp1 a 72Die bakkie dreun voort en onder my sweetpak is my fietsryklere alreeds van vroegoggend aan. Fietsrybroeke met ”pad” tussen die bene en al. Wat ‘n vreemde sensasie maar hey ons is mos darem so naby aan PRO as damit aan ‘n vloekwoord. Die fietse netjies op ‘n raam vasgemaak wat deur ‘n baie bekwame welder aanmekaar geflans was, enkele dae vantevore. Dit kon ons baie geld uit die sak gejaag het maar gelukkig is hy die ou wat langs my agter in die bakkie sit en oor baie dinge praat behalwe oor die onbekende wat voorlê.

Citrusdal, dis die beginpunt. En die einde? Nouja volgens die komitee, 180km oor die berge tot in Wellington. Is ek reg vir die een? As my printer maar net geprint het !!…………. Die bakkie kom tot stilstand teen ‘n helling van so ongeveer twintig tot dertig grade en was dit nie vir die bagasie en proviand nie sou ons sekerlik op ons agterstewe van die bakkie afgegly het.

In ons woonbuurt is daar ‘n soortgelyke bult wat ek drie keer aangedurf het net om die gevoel van skuinstes te ervaar en dit was tydens die laaste van hierdie oefensessies dat ek toe besluit dis beter om te staan en trap en dat die sit en trap te veel op die knieë inwerk. Dis met hierdie gedagtes dat ek baie braaf na die kamera loer wat hierdie geskiedkundige oomblik sou vasvang en die slim mense het mos ‘n gesegde “Monkey think monkey do”. Eina! Die probleem was duidelik na ongeveer 300meter, hierdie opdraande het nie einde nie. As iemand tog net geweet het waar die einde was dan was dit miskien juis daardie kennis wat jou kon motiveer maar aan die ander kant wie sou dan nou so mal wees om willens en wetens teen so ‘n berg te wil staan en opry en dit nog met ‘n fiets!

sp1 72Die omgewing is mooi, nee eintlik asemrowend want iets was besig om my asem te steel! Om als te kroon word die pad sonder veel waarskuwing of simpatie ‘n lekker ou grondpad. Dit was hier waar Flos my oor en oor meegedeel het dat hy nooit maar nooit vir solank as wat hy lewe weer ooit die nobby dikwiel tyres op sy fiets sal sit nie. Wat kan ‘n man sê! Die bande klou aan die effens nat grond asof hulle gemaak is om meer “vas” op die grondpaaie te wees. Dit was hier in hierdie pas wat ek teen ‘n muur vasgery het. OK, hulle het agterna aan my probeer verduidelik dat dit net ‘n spreekwoordelike muur was. Ek sukkel nou nog om te verstaan maar…………….. nee boetie dis nie ‘n grap nie, die berge laat daardie oefenbulte naby die huis na miniatuur miershope lyk en daarby lyk die boere se huise onder in die laagte soos pophuise. Selfs Rassie wat die bakkie bestuur se grynslag het na ‘n glimlag en later na ‘n baie bekommerde uitdrukking verander. Ek mag my dalk misgis het maar selfs hy het uitgeput voorgekom. Toegegee ou Ras het reuse werk met sy entoesiastiese benadering tot fotografie verrig. Geen rots wat hy moes klim om ‘n beter skoot in te kry was vir hom te moeilik of te hoog nie.

sp1 b 72Dan is ons bo. Nee, nie bo nie BO-OP, dis waar ons was. Lekker! Matt volg na Flos en ek maak seker dat daar genoeg spasie tussen my en Matt is en daar gaan ons afdraand, afdraand en nog afdraand. Man dis nou soos poeding na ‘n Sondag ete of is dit nou die slapie…….. dit was lekker verby!

Logika, ken jy vir logika? Halfpad teen die berg af begin die linkerbreine somme maak (een en een bymekaar te sit) en die regterbreine woeker met ‘n prentjie wat aandui dat vir elke afdraand moet daar ‘n opdraand wees. Ai, my logika sukkel nou nog om oor daai muur te kom. Linker of regterbrein, die plek waar ons die eerste nag gaan oorslaap heet OPPI-BERG en of jy nou van prentjies of een plus een gebruik maak, dis nag vir nella. Nou moet ons vasbyt want die Spingbokke speel nog laatmiddag en son trek al water.

Oppi-Berg is die hoofstad van die koue bokkeveld met ongeveer 24 huisgesinne in die bodorp met nog heelwat van die kleiner plekkies hoër op teen die skuinste. Dis 16h15 wanneer ons die dorp binnery en dis vrek  koud. Nee boeta, hier kry die bokke wragtig koud. Die Springbokke is egter lekker opgewarm en vuur en vlam. Die Aussies moes dit ontgeld en nou is dit tyd vir lekker eet en slaap. Glo my dit gaan lekker wees. Theron, die eienaar van Oppi-Berg restaurant, het saam met sy vrou en dogter vir ons reggestaan en kort na die Bokke se oorwinning sit ons aan en verorber elk een allamintige Oppi-Berg burger. Ongelooflik, was my laaste gedagte toe my liggies afgaan.

e4 72Vroegoggend was Theron en Kie weer terug en ons kon weer weglê aan een by bo-standaard ontbyt. Verskriklike gawe mense maar soveel van die waarheid verdraai, om dit sagkens te stel, het ek lanklaas gehoor. Dis of hul  integriteits koëffisiënt of bloot hul onvermoë om te kan onderskei tussen opdraande en afdraande wat hulle in die steek gelaat het want ons is daar weg met die vaste vertoue dat ons vanaf Oppi-Berg tot in Ceres gaan”free”. Intussen weet ons fotograaf van niks want hy het baie gretig ‘n uitnodiging van Theron aanvaar om iewers in die veld te gaan stap om sodoende sy fotoversameling van die omgewing uit te brei. Intussen stoei ons verwoed aan Theron se sogenaamde afdraande totdat ons uiteindelik by die bordjie wat die Goudapas aandui kon stop. Hiervandaan was dit ‘n fees en om die volgende draai kon ons stop by ‘n uitkykpunt om na Ceres en Prins Alfred Hamlet in die verte te staar. Werklik mooi met menigte damme sover jy kon sien.

In Ceres koop ons wors en charcoal en later pak ons Mitchellspas aan teen ‘n “ons weet waartoe ons instaat is” pas en opdraand ten spyt het ek daar vir die eerste keer werklik hierdie trippie begin geniet. Nog meer het ek uitgesien na rustig sit en kuier om ‘n kampvuur langs ons tente. Ons fotograaf is weer fluks aan die werk en kort voor lank bevind ons onsself aan die voet van die Bainskloofpas by ons kampterrein met die naam Kallabas. Tyd was aan ons kant en die res van die Sondagmiddag was vir ons om te geniet. Tente word opgeslaan en nes word geskrop en daar was selfs tyd om ‘n bietjie teen die berg uit te stap. Ongelooflike unieke plantegroei al langs die bergstoompie, ek kon my net verkyk. Net voor sononder smul ons aan braaivleis uit die boonste rakke.

sp1 d 72Dan kom die maan op oor die berge en as daar een prenjie is wat ek sal onthou dan is dit daardie een. Die tonge raak los en daar word lekker gesels tot ounag. Matt slaan nie tent op nie want hy verkies om die sterre se beweging gedurende die nag te monitor. Toe ek, onbewus van sy presiese lêplek, later opstaan om ‘n draai te loop, stap ek aan die kopskant van sy matras verby. Hy, onbewus daarvan dat ek hom nie juis sien nie waai sy arm met die bedoeling om te groet. Iewers in my eerstejaar besig met sielkunde het ons geleer van die veg of vlug reaksie en hierdie reaksie word beheer deur die Thalamus en meer nog die Amygdala iewers in jou brein. Nou ja  ek dink my Amygdala het my Thalamus met tien tree gewen.

Maandag oggend en ons is perdfris en lus vir hierdie pas wat voorlê. Die enigste manier om dit te beskryf is dat dit mooier as tuff was en dit was tuff maar lekker. Aan die bokant groet ‘n digte mis ons wat gelukkig vinnig verdwyn algaande ons in die rigting van Wellington gedaal het.

Rassie stick ons vir ‘n koffie en ‘n koue en wanneer die Izuzu huiswaarts dreun weet ek hierdie een was spesiaal. Geen tekens van verkoues of hoë bloeddruk nie. My briefie? Die was nog veilig in my broeksak!!

Cheers

.

Tags:

No comments yet.

Share Your Thoughts With Us

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: